WNPS het die meeste atlete by die Worcester Kampioenskappe gehad en ook die kampioenskappe gewen. WNPS het 47 atlete by die Noord-Boland kampioenskappe gehad. 21 Atlete het aan die Boland Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem waarvan 8 Boland kleure verwerf het. 5 Atlete is gekies om aan die SA Kampioenskappe deel te neem. Daar het Anel Pienaar (foto) die diskus, meisies 0/13 gewen (goud). Noeline Rossouw het 'n silwer medalje in die 1500m stap meisies 0/13 gewen. Lorma Janse van Rensburg het die vyfde plek behaal in die 1500m stap vir meisies 0/13 en Natalie van der Vyver die sesde plek. Hanro Colling het die vyfde plek in die 1500m stap vir seuns 0/13 behaal. Volgens die Sasolpuntetabel het Noelien Rossouw die beste gevaar van al die Weskaap-atlete.
WNPS is trots op hul atlete en afrigters!