By WNPS se Grondslagfase- afdeling glo ons dat kinders hoofsaaklik leer deur te speel. Elke leerder ontwikkel individueel, op hul eie vlak. Hier word die fondasie van alle vakke en akademiese werk gelê om toe te sien dat ons leerders voldoende toegerus is vir die volgende fase van hul lewe.
Ons glo in gebalanseerde, holistiese opvoeding. Met topklas fasiliteite en hope geleenthede bied ons vir ons leerders die platform om hulself te ontdek en te groei na die beste van hul vermoë.