Worcester – Noord bied afrigting in ‘n groot verskeidenheid sportsoorte. Die klem val steeds op die ontwikkeling van die verskillende vaardighede by elke sport en nie soseer om die wenmotief voorop te stel nie. Ons sportveld is ons klaskamer sonder mure waar ons leer van aanhou, vasbyt en goeie sportmangees! Buitemuurse aktiwiteite word as ʼn verlengingstuk van die onderrigtaak gesien omdat dit sorg vir gebalanseerde kinders en ook deel vorm van die opvoeding van ons leerders in totaliteit. Ons poog om soveel as moontlik leerders by ons wye verskeidenheid sportsoorte wat aangebied word, te betrek. Afrigting aan al die ouderdomsgroepe is beskikbaar om sodoende progressiewe ontwikkeling te laat geskied. Dit sorg vir massadeelname en betrokkenheid waar ons glo “’n gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees.
- Hoe kan ons help?
- 023 347 0325
- [email protected]